Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 10 NOVEMBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:
FCC LISENSIE-EKSAMEN IN PRETORIA GEHOU
60 METER AKTIWITEITSNAWEEK
VOLGENDE SARL@HOME FOKUS OP OPPERVLAKMONTERINGSTEGNOLOGIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

FCC LISENSIE-EKSAMEN IN PRETORIA GEHOU

Die Amerikaanse Federale Kommunikasiekommissie, of FCC, reik amateurradiolisensies aan enigiemand met 'n Amerikaanse posadres uit. Verblyf of burgerskap is nie nodig nie. Vir Suid-Afrikaners is so 'n lisensie nuttig omdat dit 'n mens toelaat om van lande af te bedryf wat 'n wedersydse ooreenkoms met die VSA het, maar nie met Suid-Afrika nie.

Eksamens vir FCC-lisensies word deur vrywillige eksaminators afgeneem. Drie sulke eksaminators van die C82DX-DXpedisie het onlangs plaaslike amateurs gehelp om naby Pretoria 'n toetssessie te hou. Ses Suid-Afrikaners het vir Amerikaanse lisensies gekwalifiseer. As hulle papierwerk eers gedoen is, sal hulle ook eksaminators word en 'n blywende toetsspan in Gauteng op die been bring.

ZS6BK, ZS6FDX en ZS6PJH het Algemene-klas lisensies verwerf, terwyl ZS6LMG, ZS6MDH en ZS6SF vir Ekstra-klas gekwalifiseer het.

Die span beplan om gereelde eksamensessies in Gauteng te hou. As jy belangstel om aan ?n toekomstige deel te neem, laat asseblief vir Chris Burger ZS6EZ weet. Jy sal dan van verdere sessies verwittig word. As jou klub meer as vyf belangstellendes het, behoort dit moontlik te wees om 'n spesiale eksamensessie by die klubperseel te hou.

Meer besonderhede kan deur 'n skakel op ZS6EZ se QRZ.com profiel bygekom word.

VANDAG IS HERINNERINGSDAG
Vandag 10 November sal die SARL die jaarlikse Herinneringdag Diens as deel van Amateur radio Today uitsaai teen ongeveer 10:40 plaaslike tyd. Alle radioamateurs word versoek om radiostilte gedurende die diens te handhaaf as teken van repek teenoor die wat hulle lewe in diens van ons land verloor het. Die diens sal in Afrikaans en Engels deur Ds Jan Kramer, ZS6JRK gelei word.
Klubs wat die diens op hulle plaaslike herhaler wil uitsaai kan die audio legger vanaf www.sarl.org.za aflaai.
INTECNET KEER TERUG
Vanaf Januarie 2014 sal die SARL se Interaktiewe Tegniese Net weer op die lug wees. Hierdie keer op ‘n weeksaand. Die eerste Intecnet sal op die tweede Dinsdag of Woensdag van Januarie 2014 plaasvind. Tans lyk dit asof Dinsdag voorkeur geniet.
Luisteraars word gevra om aan te dui watter dag hulle verkies.Stuur asse blief ‘n e-pos aan artoday@sarl.org.za en dui aan of jy Dinsdag of Woensdag verkies.
60 METER AKTIWITEITSNAWEEK
Die SARL 60 meter aktiwiteit wat om 00:01 op Saterdag 9 November begin het eindig vannag om middernag. Aktiwiteit vind plaas op 5260 KHz met die doel om voortplantingstoestande tussen soveel moontlik stasies in soveel moontlik gebiede in Suid Afrika en elders te bestudeer.
Maak ten minste een kontak in soveel as moontlik tydgleuwe. Die gleuwe is soos volg: Saterdag en Sondag: 00:01 – 06:00, 06:00 – 10:00, 10:00m – 15:00, 15:00 – 18:00 en 18:00 – middernag. Hou asseblief ‘n akkurate logstaat wat die ligging en seinverslae insluit.
Verskaf asseblief aan die bokant van jou logstaat inligting oor jou stasie, antenna en kraglewering. E-pos asseblief die state na propresearch@sarl.org.za voor Dinsdag 14 November. Alle logstate wat ontvang word sal vir ‘n gelukkige trekking met verskeie pryse in aanmerking kom. Slegs stasis wat vir 5 MHz operasie geregistreer het mag deelneem.
Maak asseblief jou bydrae tot voortplantingsnavorsing. Hierdie inligting word benodig vir ‘n verslag aan die Onafhanklike Uitsaaiowerheid.
VOLGENDE SARL@HOME FOKUS OP OPPERVLAKMONTERINGSTEGNOLOGIE

Oorwin jou projekvrees met oppervlakmonteringstegnologie by die volgende SARL@Home. Die projek sal deur Frik Wolff, ZS6FZ by die SARL Nasionale Amateurradiosentrum op 30 November vanaf 09:00 - 13:00 aangebied word.

Koste beloop R150 en sluit die onderdele wat benodig word vir die bou van ‘n FM sender in. Dit kan gebruik word om jou amateurradioklank na draagbare FM ontvangers deur die huis te herlei. Dit sluit ook ‘n KS in met tutorial, stroombane ens. Ni-Lede betaal R250.

Bespreking is noodsaaklik aangesien slegs 20 deelnemers gehuisves kan word. Jy sal jou eie soldeerstasie met dun punt, handgereedskap en vergrootglas moet voorsien. Die SARL het ook ‘n aanbieding op vergrootglase indien jy een sou wou aankoop. Volledige besonderhede is op die registrasievorm op die SARL webwerf beskikbaar.

LIGANUUS

LIDMAATSKAP
Aansoeke om lidmaatskap is van die volgende persone ontvang:
Miles France, KL1IN;
Bobby Wise, ZSL-1073;
Robin Fletcher, ZS5PD;
Willem van die Walt, ZS6WSG;
John McFarlane, ZSL-1072.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie aansoeke moet die Sekretaris bereik voor die Dinsdag na hierdie bulletin

HERSIENE SARL BHF, UHF & MIKROGOLF DX REKORDTABEL VIR 2013

Danksy Peter Hers, ZS6PHD, is die hersiene 2013 SARL BHF, UHF en Mikrogolf Rekordtabel nou aanlyn beskikbaar.

Dit dek die volgende bande: 50 MHz, 70 MHz, 144 MHz, 432 MHz, 1,3 GHz. 2,3 GHz, 5,7 GHz, 10 GHz, 24 GHz en 47 GHz, en gee erkenning aan ons plaaslike amateurs.Die volgende voortplantingspodusse word ook gedek: Lugvaart, Amateur TV, EME, F2-laag, Ionosferiese Sprei, Lyn-van-sigt, Meteoor Sprei, Satelliet, Sporadiese-E, Trans-Ekwatoriaal, Tropo, en Troposfriese Sprei.

Die rekordtabel kan besigtig word op die SARL webwerf. Klik General Info, dan Local information, gevolg deur VHF/UHF/SHF/EHF SA Records.


KLUBNUUS

60 METER AKTIWITEITSNAWEEK
Die Kempton Park Amateur Radio Tegniese Society (KARTS) het tans 'n operasionele 60 meter Baken wat uisaai met 5 min tussenposes op 5,250 MHz met PSK31 as die voorkeur modus in ondersteuning van die SARL 60 meter aktiwiteit naweek .

Besoek gerus die SARL Forum asook die KARTS webwerf by www.zs6kts.co.za vir meer inligting oor die klub se baken en 60 meter aktiwiteite wat vir hierdie komende naweek beplan word.

Indien jy die baken hoor stuur dan asseblief ‘n sein verslag na beacon@zs6kts.co.za
U hulp in die versameling van 5MHz voortplantings data word opreg waardeer.

OVERBERG JAAREINDFUNKSIE

Gedurende die naweek van 16/17 November sal die Overberg Amateurradioklub hulle jaareindfunksie aanbied. Dit val saam met die SARL se Velddagkompetisie. Dit sal plaasvind by die QTH van John, ZS1DI, en Judy, ZS1JEG, te Stanford. Daar is kamp en braaigeriewe. Dit is ‘n bring-en-braai en versoek dat u ‘n paar stukke hout ook sal saambring. Daar sal om 10:30 ‘n kort vergadering wees waarna nie pret sal begin. Daar sal ‘n prystrekking, skattejag en demonstrasie van radiobeheer modelbote wees. Ou buisradios sal ook ten toongestel en ‘n paar gedemonstreer word.

Besoekers is welkom en volledige besonderhede kan van Andre, ZS1AZ by 028 514 2018 of na 18:00 by 072 729 1680 verkry word.

KOMPETSIENUUS

SARL NASIONALE VELDDAG

Die Velddag vind plaas op 16 en 17 November tussen 10:00 UTC op Saterdag om 10:00 UTC op Sondag (12:00 tot 12:00 SAT) met foon, GG en digitale werking op al die HF amateur bande, uitgesluit 30, 17 en 12 meter bande. Foon, GG en digitale modusse op 'n band word beskou as 'n aparte bande. 'n Stasie mag slegs een maal per band gewerk word onder hierdie reël.

Deelname kan wees as Klas A - Veldstasie - Multi-operateur, Klas B - Veldstasie - Multi-operateur - QRP , Klas C - Veldstasie - Enkeloperateur , Klas D - Veldstasie - enkeloperateur - QRP , Klas E - Ultra-lig draagbare of Klas F - Algemenestasies. Die aantal senders, Velddag Klas van deelname en Provinsiale afkorting word uitgeruil.

Logstate moet teen 25 November 2013 per e -pos gestuur word aan zs4bfn@netactive.co.za. 'n Aksie foto(s) van die stasie (JPG-formaat) moet saam met elke log inskrywing in gestuur word.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteit aan die toeneem is. Groot sonvlek AR1890 het 'n "beta-gamma-delta"magneet veld wat genoeg energie vir X-klas fakkels huisves.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 105.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar mag selfs 'n paar 6 m openinge gedurende die vroëe aand wees.

Besoek gerus die nuwe webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
09/10 November – 60 m Aktiwiteitsnaweek.
14 November – Laaste dag vir instuur van logstate vir die 60 m aktiwiteitsnaweek.
30 November - Hlansering van Klerksdorp lughawe tussen 06:00 en 08:00.
30 November - SARL@Home by die Nasionale Amateurradiosentrum.
31 Desember - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo, besonderhede verkrygbaar by www.amateurradio.org.za.
28 Februarie 2014 – Sluitingsdatum vir Leerling Opstelkompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003